Die beste fudge neem tyd en geduld, maar ná al die roer, sal jy nie kan ophou eet nie
Deur MARELI VISSER
30 blokkies fudge
Bestanddele
155 ml (150 g) botter
125 ml (½ k) melk
1 blik (400 g) kondensmelk
590 ml (500 g) karamelsuiker
5 ml (1 t) vanielje
Metode
Voer ’n 25 x 25 cm-pan met bakpapier uit.
- Roer botter, melk en kondensmelk oor matige hitte tot botter gesmelt is.
- Gooi suiker by en roer oor stadige hitte tot al die suikerkristalle gesmelt is. Moenie laat kook voordat al die suiker nie opgelos is nie.
- Laat kook oor matige hitte en roer voortdurend om te keer dat mengsel brand. Toets ná sowat halfuur met suikertermometer. Wanneer mengsel 110 °C bereik, verwyder van hitte en skep oor in metaalbak.
- Gooi vanielje by en klop mengsel met draadklitser vir sowat drie minute tot mengsel effe verdik. Skep mengsel in voorbereide pan en laat stol vir drie tot vyf uur.
- Haal fudgeblok uit pan, verwyder bakpapier en sny in netjiese vierkante.