Met min bestanddele kan jy steeds iets lekkers op die tafel kry
• 4 porsies
Bestanddele
600 g beesmaalvleis
1 ui, fyngekap
2,5 ml (½ t) droë gemengde kruie
2,5 ml (½ t) knoffelsout
peper na smaak
5 ml (1 t) asyn
7,5 ml (1 ½ t) worcestersous
60 ml (4 e) blatjang
2 snye vars brood, sonder korsies
1 eier
Sous
43 g (1 pakkie) Potato Bake (Sour cream & Chives)
60 ml (4 e) kookwater
250 ml (1 k) room
Stel oond op 180 °C.
Metode
1 Meng maalvleis, ui, kruie, knoffelsout, peper, asyn, worcestersous en blatjang.
2 Week brood in bietjie water. Druk water met hand uit en voeg by maalvleis.
3 Klits eier en meng dit by maalvleis.
4 Vorm balletjies. Pak in gesmeerde oondbak en bak vir 35 minute.
5 Sous Verhit water en room saam in kastrol tot baie warm. Roer Potato Bake vinnig by sodat dit nie klonte vorm nie.
6 Prut vir twee minute en skep bo-oor frikkadelle.
7 Sit warm saam met groente voor.