Frikkadelle in ’n broodjie klink na ’n goeie idee!
4 porsies
BESTANDDELE
500 g maalvleis
1 ui, gekap
5 ml (1 t) knoffel
5 ml (1 t) rooivleissout
2 eiers
60 ml broodkrummels
480 ml (1 bottel) tamatiepastasous
160 ml (2/3 k) water
4–6 broodrolletjies
METODE
Stel oond op 180 ˚C.
1 Meng maalvleis, ui, knoffel, sout, eiers en broodkrummels saam.
2 Vorm 16–24 frikkadelle, afhangende van die grootte van jou broodrolletjie.
3 Sit frikkadelle in oondbak. Meng tamatiepastasous en water en gooi bo-oor frikkadelle.
4 Bak vir 30 minute of tot vleis gaar is.
5 Sny rolletjie oop en sit frikkadelle en sous binne-in.
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.