Maak ontbyt met liefde – hierdie omeletbrood sê dit als
4 porsies
BESTANDDELE
1 pakkie repiespek
½ ui, gekap
5 ml (1 t) fyn knoffel
½ groen soetrissie
½ rooi soetrissie
10 ml (2 t) gemengde kruie
knypie neutmuskaat
sout en peper
8 snye brood
8 eiers
250 ml (1 k) melk
125 ml (½ k) gerasperde kaas
METODE
Stel oond op 180 ˚C.
1 Sny spekrepies in helfte. Draai sodat dit soos hartjie lyk. Sit op bakplaat en bak vir 15 minute tot bros.
2 Braai ui, knoffel en soetrissies in olie tot sag. Meng kruie, sout en peper by. Skep uit.
3 Sny binnekant van broodjie uit sodat dit soos venster lyk.
4 Sit buitekant van brood (“broodraam”) in pan met agtste van uiemengsel binne-in raam.
5 Klits eiers en melk saam en geur met sout en peper.
6 Gooi eiermengsel in raam en braai tot eier begin stol.
7 Sprinkel met kaas en sit binnekant van brood terug in raam.
8 Draai hele broodjie om en braai tot eier verder gestol is.
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.