
Crullers is Franse kermiskos. Eet dit dadelik – hoe varser hoe lekkerder
Deur MARELI VISSER
36 crullers
Bestanddele
250 ml (1 k) water
85 g ongesoute botter
10 ml (2 t) suiker
1,25 ml (¼ t) sout
135 g (250 ml) koekmeel
3 groot eiers
1 eierwit
750 ml (3 k) olie vir bak
VERSIERSEL
225 g (425 ml) versiersuiker
45 ml (3 e) heuning
60 ml (¼ k) melk
10 ml (2 t) suurlemoensap
Metode
- 1Kook water, botter, suiker en sout op matige hitte.
- Roer meel vinnig by. Hou aan roer tot deeg ’n lagie op bodem van pot vorm.
- Skep deeg in voedselverwerker. Voeg eiers een vir een op medium spoed by en blits tot deeg glad is. Voeg eierwit by en blits weer.
- Skep deeg in spuitsak met oop sterpunt.
- Verhit olie op matige hitte en sny klein waspapiervierkante (10 cm x 10 cm).
- Spuit deeg in sirkels op waspapier.
- Bak in olie met waspapier na bo. Trek ná minute waspapier versigtig met tangetjie af.
- Bak weerskante tot goudbruin. Skep op kombuispapier uit en dreineer.
- Versiersel Maak versiersel deur versiersuiker, heuning, melk en suurlemoensap tot glad te meng.
- Doop crullers in versiersel en geniet.
