Ek het eers laas week van tamboesies gehoor. Dit is soos ’n mini-vlaskyf met ’n Hollandse oorsprong word
Tamboesies
BESTANDDELE
30 1 rol skilferkorsdeeg (ontdooi)
45 ml (3 e) botter, gesmelt
500 ml (2 k) melk
60 ml (¼ k) suiker
37,5 ml (2½ e) vlapoeier
37,5 ml (2½ e) mielieblom
1,25 ml (¼ t) sout
5 ml (1 t) vanieljegeursel
320 g versiersuiker
20 ml (4 t) suurlemoensap
40 ml (8 t) kookwater
koekkleursel
bessies
METODE
Voorverhit oond tot 200 °C en smeer bakplaat met botter.
1 Sny skilferkorsdeeg met skerp mes in 4 cm x 4 cm-blokke. Smeer met gesmelte botter en plaas in vrieskas om te stol.
2 Bak vierkante vir 12 minute tot goudbruin en gaar. Laat afkoel.
3 Meng 125 ml van melk met suiker, vlapoeier, mielieblom en sout.
4 Bring res van melk tot kookpunt en roer vlamengsel by. Roer aanhoudend tot mengsel dik en gaar is. Verwyder van hitte en roer vanieljegeursel by. Bedek met nat waspapier om vel te voorkom. Laat afkoel.
5 Meng versiersuiker, suurlemoensap en kookwater tot glad. Kleur met koekkleursel.
6 Skep vla in spuitsak met sterpunt.
7 Spuit vlavulsel op vierkant en sit nog ’n vierkant bo-op vulsel.
8 Bedruip vierkante met glasuursel en versier met bessies.
WENK Tamboesies kan ook met gekookte kondensmelk gevul
Mareli Visser is die wenner van Koekedoor 1,’n realiteitsprogram op KykNET. Sy is ook die skrywer van “UITGERYS” ‘n Afrikaanse resepteboek wat spesialiseer in brood. Sy is die aanbieder van haar eie bakprogram op VIA TV – Die Koektannie. En daarby saam sorg sy ook elke week vir heerlike gebak in Vrouekeur.