Winter beteken warm etes en gebakte poedings. Probeer bietjie hierdie lekker fluweelpoeding
Deur MARLO KITSHOFF-CARSTENS
6 porsies
100 ml (6 e + 2 t) koekmeel
60 ml (4 e) suiker
125 ml (½ k) volroommelk
625 ml (2½ k) volroommelk
knypie sout
4 eiergele
45 ml (3 e) botter
2,5 ml (½ t) vanieljegeursel
30 ml (2 e) fyn appelkooskonfyt
MERINGUELAAG
4 eierwitte
45 ml (3 e) suiker
LEES OOK: Malvapoeding
Stel oond op 180 °C.
- Meng koekmeel, suiker en 125 ml volroommelk tot pasta. Hou eenkant.
- Verhit 625 ml volroommelk en sout in kastrol tot kookpunt.
- Klits warm melk vinnig met draadklitser en voeg meelmengsel by terwyl jy aanhoudend roer.
- Draai stoofplaat se hitte laer. Klits eiergele en voeg by warm, gekookte melkmengsel terwyl jy vinnig roer. Kook vir twee minute oor lae hitte. Voeg botter en vanieljegeursel by.
- Skep melkmengsel in oondbak van 18 cm x 14 cm wat met botter gesmeer of met kossproei gespuit is.
- Skep klein bietjies van appelkooskonfyt op melkmengsel.
- Meringuelaag Klits eierwitte met elektriese klitser tot sagte punte vorm. Voeg suiker bietjies-bietjies by terwyl jy aanhoudend klits.
- Klits meringue tot styf, blink en glansend. Skep bo-op poeding en maak punte in meringue.
- Bak vir 15 minute of tot goudbruin bo-op.
- Sit warm voor.