12 porsies
Bestanddele
FLAN
90 ml (6 e) botter
90 ml (6 e) melk
3 eiers
187 ml (¾ k) strooisuiker
5 ml (1 t) vanielje
375 ml (1½ k) bruismeel
knypie sout
VULSEL
160 g (2 x 80 g-pakkies) suurlemoenjellie
500 ml (2 k) kookwater
250 g (1 bakkie) mascarponekaas
250 ml (1 k) room
BOLAAG
110 g (1 blikkie) grenadellapulp
30 ml (2 e) suiker
7,5 ml (1½ t) vlapoeier
Metode
Stel oond op 180 °C.
1. Flan: Smelt botter in melk.
2. Klits eiers, suiker en vanielje tot liggeel.
3. Sif meel en sout. Roer meelmengsel en bottermengsel beurtelings by eiermengsel tot beslag vorm.
4. Skep beslag in gesmeerde flanpan met 28 cm-deursnee.
5. Bak vir 25 min. of tot goudbruin.
6. Maak flan effens los aan kante en laat bietjie in pan afkoel. Keer op afkoelrakkie uit om heeltemal af te koel.
7. Vulsel: Maak jelliepoeier met kookwater aan tot opgelos. Plaas in yskas om af te koel. Jellie moet goed afgekoel wees, maar nog nie gestol nie.
8. Roer mascarponekaas by jellie tot goed gemeng.
9. Klits room tot styf en roer by jelliemengsel in. Skep in gebakte flankors. Plaas in yskas tot gestol.
10. Bolaag: Verhit grenadellapulp en suiker in kastrol tot suiker opgelos is. Maak vlapoeier met water tot pasta aan en roer by grenadellamengsel. Laat kook tot begin verdik.
11. Laat bietjie afkoel en smeer verdikte grenadellaversiersel bo-oor vulsel en plaas weer in yskas tot gestol.