Hierdie miniquiches is ideaal as happies by ’n Oujaarspartytjie. Sit warm of teen kamertemperatuur voor
12 porsies
Bestanddele
3 velle fillodeeg
45 ml (3 e) botter, gesmelt
salami, in blokkies gesny
songedroogde tamaties
vars basiliekruid
2 eiers
125 ml (½ k) melk
125 ml (½ k) room
sout en peper
Maak ook vrugte-en-neutsjokoladehappies
Metode
Voorverhit oond tot 180 °C en smeer kolwyntjiepan met botter.
- Smeer een fillovel met gesmelte botter. Sny in 16 vierkante. Stapel vier van vierkante opmekaar om punte te vorm. Plaas stapel in holte van kolwyntjiepan en druk netjies in. Herhaal tot al die holtes gevul is.
- Skep salami, tamatie en basiliekruid in fillobakkies.
- Klits eiers, melk en room en geur met sout en peper.
- Gooi eiermengsel in fillobakkies en vul tot twee-derdes vol.
- Bak vir 15 minute of tot eiervla gestol het.
Wenk
Salami en songedroogde tamatie kan met ’n vulsel van jou keuse vervang word