Beeshaas, oftewel beesfilet, is van die sagste stukke vleis in die karkas. Probeer hierdie maklike resep
4 porsies
Bestanddele
600 g filet, medaljonstuk, heel gehou
150 g (1 pak) babaspinasie
4 stukkies ham
2 sirkels feta, gekrummel
Metode
Voorverhit oond na 180 ˚C.
- Sny stuk filet van bo al in rondte deur 1,5 cm dikte te hou. Jy moet op die ou end ’n plat stuk vleis he.
- Pak spinasie oor hele oopgesnyde oppervlakte, gevolg deur ham en gekrummelde feta.
- Rol filet op en steek met tandestokkies vas. Geur met sout en peper.
- Bak vir 20–30 minute of tot verlangde gaarheid.
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.