Eton Mess is ’n tradisionele Engelse nagereg wat uit ’n mengsel van aarbeie, gebreekte meringue en geklopte room bestaan.
4 porsies
Bestanddele
4 eierwitte
120 g strooisuiker
knypie sout
1 vlaresep (klik hier vir die resep)
125 ml (½ k) room
200 g bessies: aarbeie, bloubessies, frambose
Metode
Verhit oond na 130 °C.
- Klits eierwitte tot styf. Skep suiker eetlepel vir eetlepel by eierwitte terwyl jy klits.
- Hou aan klits tot suiker klaar is en roer sout by.
- Skep meringuemengsel op bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is en versprei eweredig.
- Bak vir 30–40 minute of tot meringue van papier loskom.
- Haal uit oond en laat afkoel.
- Klits room tot styf en hou eenkant.
- Breek meringue in stukke en pak op bodem van glasies. Skep twee eetlepels vla en room bo-op meringue, gevolg deur bessies. Hou so aan tot glasie vol is.