Maak hierdie maklike maalvleis-en-sampioen-koppies vir twee mense of bêre die ander porsie vir die volgende dag as jy alleen eet
Maalvleis-en-sampioen-koppies
2 porsies
BESTANDDELE
bietjie olie
1 ui, gekap
2,5 ml (½ t)
fyn knoffel
300 g maalvleis
125 g (½ pakkie) sampioene, gekap
250 ml (1 k) room
50 g (1 pakkie) sampioensoppoeier
6 snye witbrood, korsies afgesny
125 ml (½ k) mozzarellakaas, gerasper
METODE
Verhit oond tot 180 ˚C.
1 Verhit olie en braai ui tot sag. Gooi knoffel by en braai tot geure loskom.
2 Voeg maalvleis by en braai tot goudbruin.
3 Voeg sampioene by en braai tot sag.
4 Voeg room en soppoeier by en bring tot kookpunt.
5 Spuit groot muffinpan met kossproei en druk brood daarin vas.
6 Laat brood vir agt minute bak of tot net bruin en bros.
7 Skep mengsel in en sprinkel kaas oor.
8 Bak vir 15 minute tot kaas goudbruin is.
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.