Eiers is die veelsydigste bestanddeel in jou yskas om ’n ete mee op te tower. Maak hierdie lekker eierhappies
6 porsies
Bestanddele
Witsous
45 ml (3 e) botter
60 ml (4 e) koekmeel
250 ml (1 k) volroommelk
LEES OOK: Als oor eiers
Vulsel
20 ml (4 t) botter
1 ui, fyn gekap
250 g (1 pakkie) spek, gekap
15 ml (1 e) vars pietersielie, gekap
8 hardgekookte eiers, afgedop en fyngekap
Afronding
125 ml (½ k) koekmeel
1 eier, geklits
250 ml (1 k) droë broodkrummels
750 ml (1 bottel) olie
LEES OOK: Maak spekkrokette op stokkies
Metode
- Witsous Smelt botter en roer koekmeel by tot glad.
- Voeg melk bietjies-bietjies by sodat dit nie klonte vorm nie.
- Kook oor lae hitte terwyl jy aanhoudend roer tot sous dik is. Laat eenkant om heeltemal af te koel.
- Vulsel Smelt botter en soteer ui en spek daarin tot gaar. Verwyder van hitte.
- Roer pietersielie en fyngekapte eiers daarby. Roer ook witsous by.
- Vorm middelslag-grootte balletjies.
- Afronding Rol in koekmeel, dan in geklitste eier en laastens in broodkrummels.
- Verhit olie in klein, diep kastrol. Braai tot goudbruin.
- Skep uit en plaas op kombuispapier om oortollige olie te absorbeer.
- Sit saam met slaai of as bygereg voor.