Ek woon saam met twee tieners wat met die hutsmerk oor die kop geslaan is. Bak hierdie oulike koekies vir Paasnaweek en selfs jou tieners sal daarvan hou
Hasiekoekies op ’n stok
BESTANDDELE
8 groot koekies
470 ml (450 g) botter
475 ml (400 g) suiker
2 groot eiers
10 ml (2 t) vanieljegeursel
1 775 ml (750 g) koekmeel
5 ml (1 t) sout
sosatiestokkies
2 eierwitte
950 ml (500 g) versiersuiker
water
koekkleursel van jou keuse
METODE
Verhit oond tot 180 °C en berei bakplaat voor.
1 Room botter en suiker tot lig.
2 Voeg eiers en vanieljegeursel by en meng goed.
3 Sif koekmeel en sout.
4 Gooi meel by bottermengsel en roer tot deeg vorm.
5 Bedek deeg met plastiek en bêre in yskas vir een uur.
6 Rol deeg 6 mm dik op meelbestrooide oppervlak uit.
7 Sny vorms uit, sit op bakplaat en druk sosatiestokkie in.
8 Bak vir 10–12 minute tot goudbruin en gaar. Laat koekies op bakplaat afkoel.
9 Klits eierwit en versiersuiker tot styf. Gooi water teelepelgewys by totdat versiersel regte dikte is om te spuit (7 tellings om glad te word ná geroer).
10 Verdeel versiersel in twee dele en kleur een deel ligpienk.
11 Versier koekies en laat oornag hard word.
12 Teken mond en snorbaarde met eetbare kleursel in.
Mareli Visser is die wenner van Koekedoor 1,’n realiteitsprogram op KykNET. Sy is ook die skrywer van “UITGERYS” ‘n Afrikaanse resepteboek wat spesialiseer in brood. Sy is die aanbieder van haar eie bakprogram op VIA TV – Die Koektannie. En daarby saam sorg sy ook elke week vir heerlike gebak in Vrouekeur.