1 groot koek
Bestanddele
4 eiers
375 ml (1½ k) strooisuiker
5 ml (1 t) vanielje
500 ml (2 k) koekmeel
15 ml (1 e) melkpoeier
10 ml (2 t) bakpoeier
knypie sout
250 ml (1 k) melk
125 ml (½ k) olie
Metode
Stel oond op 180 °C.
1. Klits eiers, suiker en vanielje saam tot donserig.
2. Sif meel, melkpoeier, bakpoeier en sout saam.
3. Roer melk en olie bymekaar en roer meel en melk beurtelings by eiermengsel tot goed gemeng.
4. Skep deeg in twee ronde koekpanne van 22 cm en bak vir 25min. Of tot toetspen skoon uitkom.
5. Laat koeke bietjie in koekpan afkoel en keer op afkoelrakke uit.
6. Versier koek soos verkies.
Vir ‘n sjokoladekoek: Skep 45 ml (3 e) koekmeel uit nadat koekmeel afgemeet is. Skep 45 ml (3 e) kakao by meel en sif saam met ander bestanddele.
Vir ‘n lemoenkoek: Vervang die vanielje met lemoengeursel of indien verkies kan 5 ml (1 t) fyn gerasperde lemoenskil by beslag gevoeg word. Die melk kan ook met vars lemoensap vervang word. Wanneer koek uit oond kom, kan ‘n stroop oorgegooi word. Geen versiersel is dan nodig nie. Stroop: Kook 187 ml (¾ k) lemoensap en 125 ml (½ k) strooisuiker saam tot suiker opgelos is en stroop dikkerig begin word.