Hierdie Duitse pofpannekoek is heerlik vir ontbyt en neem net ’n paar minute om te maak
1 pannekoek
Bestanddele
125 ml (½ k) koekmeel
125 ml (½ k) melk
2 groot eiers
30 ml (2 e) suiker
5 ml (1 t) vanieljegeursel
2,5 ml (½ t) sout
30 ml (2 e) botter versiersuiker
esdoringstroop/gouestroop
Metode
- Gooi koekmeel, melk, eiers, suiker, vanieljegeursel en sout in ’n voedselverwerker en blits beslag tot glad.
- Verkil beslag in yskas vir 25 minute.
- Plaas gietysterpan in middel van oond. Skakel oond aan en verhit tot 250 °C. Wanneer liggie doodgaan, verwyder pan uit oond.
- Smelt botter in pan, bedek ook kante met gesmelte botter.
- Gooi mengsel in pan en wikkel pan om beslag gelyk te maak.
- Bak vir 15–20 minute tot goudbruin en gepof.
- Strooi versiersuiker bo-op. Bedien met stroop.