Het jy al ooit probeer om druiwekonfyt te maak? Probeer dit gerus met hierdie resep
ongeveer 750 ml konfyt
Bestanddele
1 kg groen druiwekorrels
800 g (4 k) witsuiker
15 ml (1 e) witasyn
15 ml (1 e) suurlemoensap
Metode
- Verwyder steeltjies van druiwekorrels en was korrels skoon.
- Plaas druiwekorrels in kastrol en giet suiker bo-oor.
- Verhit mengsel oor stadige hitte tot suiker oplos.
- Voeg witasyn en suurlemoensap by en kook konfyt oor matige hitte tot dik.
- Skud kastrol van tyd tot tyd sodat pitte na oppervlak kan kom. Skep pitte af soos wat dit na bo beweeg.
- Toets of konfyt dik genoeg is. Skep klein bietjie van konfyt op koue oppervlakte soos piering wat in yskas was of op silwer gedeelte van kombuiswasbak. Sodra konfyt balletjie vorm wat sy vorm behou, is konfyt reg.
- Skep warm konfyt in gesteriliseerde bottels en draai deksels dadelik op.