4 porsies
Bestanddele
4 hoenderborsies, ontvel en ont¬been
15 ml (1 e) hoendersmeermiddel (chicken rub)
bietjie olie
SLAAISOUS
30 ml (2 e) rooiwynasyn
5 ml (1 t) strooisuiker
15 ml (1 e) olie
SLAAI
1 pakkie roketblare
trossie rooi druiwe
trossie groen druiwe
1 pakkie aarbeie, gehalveer
2 skywe fetakaas
granaatpitte (opsioneel)
Metode
1. Smeer hoender met smeermiddel. Bedek en plaas in yskas vir 45 min.
2. Verhit olie en braai hoenderborsies aan albei kante tot gaar.
3. Plaas eenkant om bietjie af te koel. Sny in dun skyfies.
4. Slaaisous: Meng bestanddele vir sous en hou eenkant tot benodig.
5. Slaai: Pak roketblare op bord en plaas hoenderskyfies daarop. Rond met druiwe, aarbeie, fetakaas en granaatpitte af.
6. Gooi slaaisous bo-oor.