Two Oceans en Sarah Graham het koppe bymekaar gesit en heerlike én eenvoudige versnaperings vir maklike, elegante onthale geskep. Probeer dié dekadente koejawel-en-glühwein-roomys wat deur die Two Oceans Shiraz geïnspireer is. Jy maak dit in net tien minute.
Koejawel-en-glühwein-roomys met speserye
• Lewer 6-8 porsies
• Bereidingstyd 10 minute
Bestanddele
2 k (500 ml) Two Oceans Shiraz
2 kaneelstokkies
6 kruinaeltjies
6 kardamompeule
1 t vanieljepasta of 1 vanieljepeul, in die lengte gehalveer
2 ster-anyse
2 blikkies koejawels in stroop
1 k (250 ml) slagroom
1 blikkie kondensmelk
2 kaneelstokkies
6 kruinaeltjies
6 kardamompeule
1 t vanieljepasta of 1 vanieljepeul, in die lengte gehalveer
2 ster-anyse
2 blikkies koejawels in stroop
1 k (250 ml) slagroom
1 blikkie kondensmelk
Metode
1 Voeg rooiwyn, speserye en koejawels (met die stroop) in middelslagkastrol oor matige hitte bymekaar. Laat prut 20-30 minute of tot wyn afgedamp het en stroperige tekstuur verkry. Verwyder van hitte, haal speserye uit en gooi dit weg. Druk koejawels met vurk of houtlepel fyn. Verwyder twee of drie eetlepels daarvan en hou eenkant tot bediening.
2 Klop room intussen tot lig, drup kondensmelk daarin en vou saggies om te kombineer. Vou koejawelmoes en glühweinstroop ook in.
3 Plaas in broodpan wat met bakpapier uitgevoer is, of in vriesbestande houer en vries drie tot vier ure lank, of tot gestol.