Rocco de Villiers kan met die klawers toor soos min ander. Hy deel sy resep vir ’n driehoekmaaskaastert met ons
ONTHAALWENK Hou die drankies koud en die kos warm – nie andersom nie!
8 tot 10 porsies
Bestanddele
200 g (1 pakkie) Tennisbeskuitjies
250 g (1 bakkie) gladde maaskaas
125 ml (½ k) strooisuiker
125 g (¼ blok) sagte botter
5 ml (1 t) vanieljegeursel
2 Flake-sjokolades
100 g (1 pakkie) heel rooi glanskersies
LEES OOK: Gebakte appelkaaskoek
Metode
- Pak 15 Tennisbeskuitjies in drie rye van vyf koekies elk op foelie.
- Meng maaskaas, suiker, botter en vanieljegeursel saam tot glad.
- Smeer mengsel op koekies en plaas Flake-sjokolades en kersies op middelste ry koekies.
- Vou foelie van albei kante af op sodat tert driehoekige vorm inneem. Vou foelie langs kante ook toe.
- Plaas in vrieskas tot gestol.
- Verwyder foelie en sit op geskikte opdienbord. Sny in dun skyfies om voor te sit.
Die resep is van Lyn de Waal, een van my oudste vriende, Gereth Edwards, se ma. Sy woon op Queenstown en het tydens my toer in die Oos-Kaap my dieet met dié tert totaal en al vernietig