Wat is lekkerder as ’n roomys-sundae? Wel, ’n roomys-sundae bedek met ’n gesoute Sedgwick’s Original Old Brown-karamelsous, natuurlik!
• Bedien 6
Bestanddele
2 l vanieljeroomys
6 suikerhorings
Vir die karamelsous
200g sagte bruin suiker
50ml Sedgwick’s Original Old Brown
75ml dik room
50g botter, in blokkies gesny
½ teelepel seesoutvlokkies
Metode
1 Plaas die suiker in ’n groot braaipan met die Sedgwick’s Original Old Brown.
2 Verhit die mengsel versigtig oor ’n lae temperatuur totdat dit net gesmelt het, warrel die pan pleks van die inhoud te roer. Verhoog die hitte en laat stadig prut, warrel gereeld totdat die inhoud ’n goue karamelkleur kry.
3 Verwyder die pan van die stoof en klits dan vinnig die room en botter by. Wees versigtig dat dit nie spat nie. Voeg die seesoutvlokkies by en meng deeglik. Laat alles heeltemal afkoel.
4 Haal die roomys uit die vrieskas en laat dit effens sag word. Gooi die karamel oor die roomys en meng die twee deeglik met ’n houtlepel. Plaas die roomys terug in die vrieskas en laat dit weer vries. Bedien jou Sedgwick’s-sundae in horinkies of bedien die karamelsous oor die roomys.