Jean Louis se resep vir sy gewilde BBQ Patathoender
1 koppie Arborion rys
½ middelslag uit – fyngekap
Olyfolie
1 lt hoender aftreksel
125 ml witwyn
100 ml Parmesankaas (fyn gerasper)
250 ml room
Bestanddele vir die soetpatat
3 mooi groot patats – geskil en in skywe gesny
100 g botter of margarine
250 ml suiker
1 kaneelstokkie
Bestanddele vir die haloumi
4 skywe haloumi kaas (ongeveer 50-70g p/person)
meel
olyfolie
Bestanddele vir die hoender
8 hoenderborsfilette
sout en peper
olie
BBQ sous van jou keuse, indien jy van die smaak hou.
Soteer die ui in ’n bietjie olyfolie tot sag. Voeg die rys by en roer. Maak seker al die rys is bedek met olie en uie. Voeg die wyn by en roer. Op matige hitte voeg dan die hoenderaftreksel lepel vir lepel by en maak seker dan die vloeistof basies weggekook het voordat jy die volgende lepel byvoeg. Hou aan roer en gaan so voort todat die rys al dente (net gaar) is. Roer die parmesaankaas by en verwyder van die hitte. Hou warm.
Metode vir die soetpatat
Plaas al die bestandele in ’n pot met ’n deksel op. Kook op matige hitte tot patat net sag begin raak. Hou dop en voeg bietjie water by indien nodig. Haal deksel af en kook verder tot stroperig en gaar. Hou warm. (Of gebruik jou eie gunsteling resep).
Vir die soetrissiebotter
Meng 125g botter, 100 ml soetrissiesous, sout en peper na smaak tot sous.
Metode vir die haloumi
Rol die haloumi in die meel en braai in olie tot goudbruin aan beide kante.
Metode vir hoender
1 Braai die hoenderborsfilette met sout en peper in olie tot net gaar, smeer met BBQ sous indien verkies.
2 Voor opdiening, roer room deur die risotto. Moet vorm kan behou as met ’n lepel geskep word – maar voeg so bietjies-bietjies by, want jy mag dalk nie al die room benodig nie. Skep ’n groot lepel vol in die middel van die bord. Sit sowat 3-4 skywe van die patat bo-op die risotto, gevolg deur een hoenderbors fillet. Volgende is die gebraaide Haloumi en dan weer ’n hoenderborsfillet. Sit een suurlemoen in kwarte gesny en soetrissiesous langsaan.
Lees meer oor Jean Louis in Maryke Roberts se onderhoud met hom hier