Winter en warmsjokolade loop hand aan hand! Bederf jou mense met dekadente warmsjokolade
4 porsies
1 ℓ (4 k) melk
30 ml (2 e) Nutella
30 ml (2 e) kakao
30 ml (2 e) suiker
VIR BO-OP
klein malvalekkers
geroosterde haselneute
sjokolatesplinters
ekstra Nutella
Maak ook jou eie Glühwein
Metode
- Verhit melk, Nutella, kakao en suiker saam. Kook vir twee minute terwyl jy heeltyd roer.
- Giet in warm bekers en bedien met malvalekkers, neute, sjokolade en Nutella