Wilna Myburgh
Vier met pienk port
Die De Krans Cape Pink is ‘n unieke pienk portwyn wat die eerste keer in 2008 bekend gestel is. Hoewel dit heerlik op sy eie is, veral oor gebreekte ys, kan jy dit ook in ‘n skemerkelkie omtower.
Ginger Up
Gooi De Krans Cape Pink in ’n bolglas vol gebreekte ys, voeg ’n skeut jenewer en ’n spatsel bitterwyn (bitters) by en rond af met gemmerbier vir die ideale dorslesser vir die warm somersdae!
Pink Sunset
Gooi gelyke hoeveelhede De Krans Cape Pink Port en yskoue ystee in ’n lang glas. Voeg gesnyde aarbeie en gebreekte ys of ysblokkies by en siedaar, jy’t die volmaakte skemerkelkie!
Die De Krans Cape Pink is by alle vooraanstaande winkels landwyd beskikbaar en kos sowat R55 vir die 375 ml en R75 vir die 750ml.