Wat ’n bederfie is dié nou nie? Maak hierdie dadel-vrugte-en-neute-balletjies as happies of nagereg!
24 happies
Bestanddele
250 g (½ pak) botter
90 ml (6 e) gouestroop
5 00 g (2 x 250 g-pakkies) dadels, fyngekap
5 droë appelkose, gekap
knypie sout
knypie fyn kaneel
1 ekstragroot eier, geklits
3 75 ml (1½ k) pofrys (Rice Krispies)
250 ml (1 k) muesli
60 ml (4 e) sultanas
60 ml (4 e) pekanneute, grofgekap
Om in te rol
375 ml fyn klapper
1 00 g (1 plak) bruinsjokolade, gesmelt
LEES OOK: Maak ‘n sjokolade-en-malvalekker-gebak
Metode
- Smelt botter en gouestroop oor lae hitte en voeg dadels en appelkose daarby. Laat vir drie minute prut terwyl stadig geroer word.
- Roer sout en kaneel by tot gemeng. Verwyder van stoofplaat.
- Roer geklitste eier vinnig by tot gemeng.
- Roer pofrys, muesli, sultanas en pekanneute by tot gemeng. Roer by dadelmengsel.
- Skep teelepels van dadelmengsel en rol in balletjies.
- Om in te rol Plaas klapper in vlak bakkie en rol dadelballetjies daarin.
- Drup sjokolade op elke dadelballetjie.
- Plaas oornag in yskas.