6 porsies
Bestanddele
POEDING
250 g (1 pakkie) dadels, grof gekap
5 ml (1 t) koeksoda
250 ml (1 k) kookwater
90 ml (6 e) sagte botter
187 ml (¾ k) bruinsuiker
5 ml (1 t) vanielje
2 eiers
375 ml (1½ k) bruismeel
knypie fyn kaneel
knypie sout
50 g (½ pakkie) pekanneute, grof gekap
TOFFIESOUS
250 ml (1 k) bruinsuiker
125 g (¼ blok) botter
375 ml (1½ k) room
AFRONDING
250 ml (1 k) room, styf geklits
Metode
Stel oond op 180 °C.
1. Poeding: Plaas dadels en koeksoda in mengbak. Gooi kookwater oor en hou eenkant.
2. Room botter, bruinsuiker en vanielje tot liggeel. Voeg eiers by en klits deeglik.
3. Sif meel, kaneel en sout. Roer saam met dadelmengsel by bottermengsel.
4. Skep in individuele bakkies of in een groot bak van ongeveer 20 cm x 30 cm groot.
5. Bak vir 35 min. of tot toetspen skoon uit middel kom. Bak kleiner poedings vir 25 min. of tot gaar in middel.
6. Sous: Plaas bestanddele vir sous in kastrol en verhit tot kookpunt. Draai hitte laer en laat prut vir 5 min.
7. Gooi sous oor poeding sodra dit uit oond kom.
8. Afronding: Sit dadelik saam met room