ongeveer 24 pasteitjies
Bestanddele
VULSEL
250 g (1 pakkie) dadels, gekap
125 g (½ pakkie) gedroogde appelkose, gekap
60 ml (4 e) water
15 ml (1 e) brandewyn
DEEG
500 ml (2 k) koekmeel
2,5 ml (½ t) sout
250 g (½ blok) botter, gerasper
250 g (1 bakkie) geroomde maaskaas
Metode
Stel oond op 180 °C.
1. Vulsel: Verhit bestanddele vir vulsel tot kookpunt en laat stadig vir 15 min. prut tot vrugte sag en uitgeswel is. Verwyder van hitte en laat afkoel.
2. Deeg: Sif meel en sout saam. Vryf botter by tot dit soos broodkrummels lyk.
3. Roer maaskaas by tot deeg vorm. Sit in kleefplastiek en verkoel vir 3 uur.
4. Rol deeg op meelbestrooide oppervlak tot redelik dun uit. Druk sirkels uit deeg wat in kolwyntjiepannetjie sal pas en sterretjies wat bokant sal bedek.
5. Sit sirkel in gesmeerde kolwyntjiepannetjie. Skep ongeveer twee teelepeltjies vulsel op deeg, maar nie te veel nie. Plaas uitgedrukte sterretjie deeg bo-op.
6. Bak 15 min. of tot goudbruin.