Coq au vin is ‘n Franse dis met rooiwyn. Probeer ons lekker resep
4 porsies
Bestanddele
bietjie olie
1 groot ui, in agtstes gesny
10 ml (2 t) fyn knoffel
200 g (1 pakkie) stukkies spek
8 hoenderdye
sout en peper
500 ml (2 k) droë rooiwyn
3 tiemietakkies
1 lourierblaar
2 50 g (1 pakkie) klein sampioene, in kwarte gesny
3 wortels, in wieletjies gesny
Metode
- Verhit olie in groot pot en braai ui en knoffel tot sag.
- Gooi spek by en braai tot amper bros.
- Gooi hoender in pot en geur met sout en peper.
- Gooi wyn en kruie by hoender en laat prut vir omtrent 20 minute.
- Gooi sampioene en wortels by en prut tot sag.
- Bedien met Franse baguette of aartappels.
Wenk
As die sous nie dik genoeg is nie, maak ’n pasta met 15 ml meel en water aan en kook dit saam met die mengsel