Dié ClemenGold-slaaisous werk ook goed as ‘n marinade. Lees verder vir meer wenke!
Bestanddele
100 ml olyf- of avokado-olie
30 ml appelasyn
2,5 ml vars gerasperde ClemenGold-skil
75 ml vars gedrukte ClemenGold-sap
10 ml volgraanmosterd
5 ml heuning
1 ClemenGold-mandaryn, geskil en verdeel
5 ml vars gekapte roosmaryn
sout en peper na smaak
Metode
- Plaas olie en asyn in mengbak. Klits ClemenGold-skil, sap, mosterd en heuning saam tot goed gemeng.
- Sny die ClemenGold-segmente in kleiner dele en meng saam met roosmaryn in oliemengsel. Geur met sout en peper.
- Bedien slaaisous met jou gunsteling kombinasie van slaaiblare en vars kruie vir ’n heerlike en eenvoudige slaai. Slaaisous kan tot ’n week in die yskas gehou word. Indien dit vooraf gemaak word, voeg segmente by net voor dit bedien word.
Ander moontlikhede
- Die geure van die slaaisous werk ook goed saam met gebraaide beet en feta of bokmelkkaas. Dit kan saam met roket as ’n slaai of ’n voorgereg geniet kan word.
- Sprinkel die slaaisous oor komkommerlinte of ’n dun gesnyde babakooltjie.
- Gebruik as ’n marinade vir hoender- of visfilette of selfs vark of skaap.
- Perfek saam met gebraaide botterskorsie of soetpatats.
- Kook hoenderporsies saam met uie en botterskorsie of eiervrug in slaaisous vir ’n oondgereg. Voeg nog ClemenGold-segmente by indien verkies. Gooi slaaisous oor en braai teen 180°C tot gaar. Bedien saam kruiekoeskoes.