Deur WILNA MYBURGH
Kosskrywer Sarah Graham deel haar resep vir eenvoudige maar besonder smaaklike chorizo-en-suurlemoenhoender met blomkoolpuree. Sy bedien dit met Drostdy-Hof Claret Select. Dié rooi lekkerdrinkversnit bied ’n ryk boeket van ryk bessiesmake wat goed by die stewigheid van die chorizo en hoender pas.
Chorizo-en-suurlemoenhoender met blomkoolpuree
Lewer 4 porsies | Bereiding 10 minute | Gaarmaaktyd 1 uur
VIR DIE HOENDER
3 hoenderdye met vel
sout en peper
5 ml tiemie, gedroog
15 ml olyfolie
15 ml botter
3 middelslag rooi uie, grof in sesdes gesny
200 g chorizo, grof gekap
1 suurlemoen, gehalveer
200 ml Drostdy-Hof 2015 Sauvignon Blanc
30 ml vars pietersielie, gekap
VIR DIE BLOMKOOLPUREE
1 middelslag blomkool, grof gekap
15 ml olyfolie
10 ml botter
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Voorverhit die oond tot 180 °C.
1 Geur hoenderdye met sout, peper en tiemie.
2 Verhit olyfolie en botter in oondvaste kastrol en braai hoender ongeveer drie minute lank aan elke kant tot bruin. Verwyder en plaas eenkant.
3 Braai uie ongeveer drie minute lank. Roer dikwels.
4 Voeg chorizo en suurlemoenhelftes by en kook ongeveer drie tot vyf minute lank.
5 Verwyder kastrol van stoof en sit hoender terug by uie en chorizo in kastrol. Gooi Drostdy-Hof Sauvignon Blanc by, sit deksel op en plaas 30 minute lank in oond.
6 Berei blomkool voor terwyl hoender gaar word. Kook blomkool tot sag. Dreineer.
7 Voeg olyfolie en botter by en puree met staafmenger tot glad. Pas geurmiddels na smaak aan.
8 Bedien met ruim skep blomkoolpuree op bord en hoender-en-chorizo bo-op. Gooi vars pietersielie bo-oor.
Geniet laastens ’n glas van die Claret Select saam met dié stewige maaltyd.
Volg Drostdy-Hof op Facebook (www.facebook.com/DHWines) en Twitter (www.twitter.com/DrostdyHofSA).