Bedien: 2
Voorbereidingstyd: 10 minute
Gaarmaaktyd: 15 minute
Bestanddele
10 ml (2 t) olie (eie keuse), bv. neutolie
½ ui, geskil en gekerf
½ knoffelhuisie, fyngedruk
½ rooirissie, ontpit en gekerf
1 koppie brokkoliblommetjies
150 g Portabellasampioene, gesny
100 g oestersampioene, in repe geskeur
100 gr bruin dwergsampioene, gesny
15 ml (2 eetlepels) sojasous
2 cm stuk vars gemmerwortel
10 ml (2 t) olie – sesamolie
Bediening:
2 koppies gaar eiervrye noedels
2 eetlepels geroosterde kasjoeneute
Metode
1 Verhit die olie in ’n wok. Braai die uie en knoffel vir 3 minute oor hoë hitte.
2 Voeg peper en brokkoliblommetjies by die wok en braai vir nog 5 minute.
3 Voeg die sampioene by en braai vir sowat 5 minute.
4 Sit die sojasous in ’n bakkie. Rasper die gemmer en druk die sap in die bakkie uit. Voeg die sesamolie by en meng goed. Gooi in die wok en meng die groente liggies daarin tot dit bedek is en roerbraai verder – nie langer as 2 minute nie.
5 Bedien op ’n bed eiervrye noedels (1 koppie per bord) en geroosterde kasjoeneute (1 eetlepel per bord).
SAMPIOENUITRUIL-DIEETSTUDIE 2009