Het jy al ooit probeer om jou eie Chinese groenterolletjies oftewel spring rolls te maak?
20 rolletjies
Bestanddele
bietjie olie
1 ui, in halfmaanringetjies gesny
5 ml (1 t) knoffel, fyngekap
5 ml (1 t) gemmer, fyngerasper
2 wortels, in julienne-repies gesny
½ groen soetrissie, in dun repies gesny
3 murgpampoentjies in julienne-repies gesny
6 spinasieblare, baie fyn gekerf
20 ml (4 t) sojasous
30 ml (2 e) sonneblomsaad
20 springroll wrappers
1 eierwit
olie vir diepvetbraai
Klik hier en maak fortuinkoekies!
Metode
- Verhit olie en braai ui, knoffel en gemmer tot sag.
- Voeg groente by en braai verder. Draai hitte af en roer sojasous en sonneblomsaad by. Laat effe afkoel.
- Plaas springroll wrapper met punt wat na onder wys op werksoppervlakte. Verf met eierwit.
- Plaas groentevulsel op onderste punt en vou twee keer om.
- Vou linker- en regterkant na binne en verf weer met eierwit.
- Rol verder op. Maak seker daar is geen openinge nie.
- Verhit olie en braai tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier. Bedien met soetrissiesous.