ongeveer 8 porsies
Bestanddele
VULSEL
14 rooi glanskersies, gehalveer
1 stukkie geglasuurde pynappel, gekap
1 stukkie gemmerkonfyt, gekap
125 ml (½ k) sultanas
30 ml (2 e) Kahlua-likeur
500 ml (2 k) sjokoladeroomys
WITLAAG
500 ml (2 k) vanieljeroomys
Metode
1. Voer langwerpige broodpannetjie met kleefplastiek uit.
2. Vulsel: Plaas kersies, pynappel, konfyt,
sultanas en likeur saam in bakkie en laat vir
30 min. week.
3. VWitlaag: Laat vanieljeroomys net effens
sag word en smeer kante van langwerpige
broodpannetjie daarmee. Plaas in vrieskas.
Dit mag ná ‘n tydjie nodig wees om die
roomys weer teen kante van broodpannetjie
te smeer.
4. Meng geweekte vrugte, neute en sjokoladeroomys
en skep in holte.
5. Bedek broodpannetjie met foelie en plaas
oornag in vrieskas.
6. Keer uit en sny in skyfies om te bedien.
Wenk:
Dis makliker om ’n silikonbroodpannetjie te
gebruik. Die roomys keer baie makliker uit.