Ervaar die somer met die soet geur van druiwe
• 6 tot 8 porsies
BESTANDDELE
8 groen druiwekorrels, gewas en gehalveer
8 pers druiwekorrels, gewas en gehalveer
250 ml (1 k) strooisuiker
125 ml (½ k) water
60 ml (4 e) bosbessies
80 ml (? k) port of rooi druiwesap
250 g (125 g x 2) sirkels camembertkaas
60 ml (4 e) pekanneute, grof gekap
60 ml (4 e) pistasieneute, grof gekap
METODE
1 Plaas druiwe op bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is.
2 Verhit strooisuiker en water saam oor matige hitte tot suiker oplos. Verhoog hitte en kook tot suiker begin verbruin.
3 Was kante van kastrol met kwas wat in water gedruk is om van suiker langs kante ontslae te raak.
4 Vandat mengsel begin kook (borrel) sal dit ongeveer 8 tot 10 minute neem voordat suiker goudbruin begin verkleur.
5 Giet suikerstroop bo-oor druiwe op bakplaat. Los op bakplaat tot suikerstroop stol. Breek in stukke.
6 Kook bosbessies in port/rooi druiwesap tot uitgeswel, ongeveer vyf minute.
7 Sit druiwe saam met bosbessies, camembertkaas, pekanneute en pistasieneute voor.
* Jy kan die camembertkaas effens warm maak voor opdiening.
* Kaas kan saam met soutbeskuitjies voorgesit word.