Hierdie klassieke Caesarslaai beloof om jou gaste te beïndruk!
2 porsies
Bestanddele
Sous
1 knoffelhuisie, fyngedruk
125 ml (½ k) mayonnaise
2,5 ml (½ t) mosterd
2 ansjovisfilette, fyngedruk
5 ml (1 t) suurlemoensap
bietjie melk
sout en peper
Slaai
4 snye ciabattabrood
bietjie olie
2 eiers
2 hoenderborsies
5 ml (1 t) hoenderspeserye
1 kop romaine (bindslaai)/cos (blaarslaai)
80 ml (1/3 k) parmesaankaas, grofgerasper
Metode
- Sous Meng bestanddele van sous saam en hou eenkant.
- Slaai Sny ciabatta in blokkies en braai liggies in bietjie olie, geur met sout en peper.
- Kook eiers vir tien minute.
- Sny hoender in 1 cm-repies, geur met speserye en braai tot gaar.
- Breek blaarslaai en sit hoender, parmesaan, broodblokkies en hardgekookte eierwiggies bo-op. Gooi slaaisous en bedien dadelik.