Skink ’n glasie Drostdy Hof Extra Light om saam met dié kraakvars Caesar-slaai te geniet. Bedien 4 tot 6
Bestanddele
1 x 30 cm-baguette, in dun snye
10 ml avokado-olie
1 volledige blaarslaai
1 ryp avokadopeer, geskil en gesny
Handvol kasjoeneute
Slaai
1 x 30 cm-baguette, in dun snye
10 ml avokado-olie
1 volledige blaarslaai
1 ryp avokadopeer, geskil en gesny
Handvol kasjoeneute
Slaaisous
1 knoffelhuisie, geskil en fyn gedruk
100 ml karringmelk
5 ml Dijon-mosterd
10 ml heuning
Parmesaanse-kaasskaafsels
Metode
1 Voorverhit oond tot 200°C. Plaas snye baguette in enkele laag op bakplaat en borsel liggies met avokado-olie. Bak vir 5 tot 10 minute tot goudbruin.
2 Slaaisous Verhit braaipan en braai knoffel tot sag. Kombineer karringmelk, mosterd en heuning en voeg by knoffel in pan. Roer tot gemeng.
3 Sny blaarslaai in lengte in vier ewe groot stukke. Plaas snye avokadopeer en geroosterde snye baguette bo-op. Sprinkel slaaisous oor blaarslaai en sprinkel Parmesaanse-kaasskaafsels en kasjoeneute bo-op.