Bestanddele
1,5 l (6 k) koekmeel
15 ml (1 e) sout
1 pakkie (10 g) kitsgis
1 eier
125 ml (? k) olie
600 ml louwarm water
Stel oond op 180 °C
Metode
- Meng een helfte van meel, sout en kitsgis in mengbak.
- Klits eier en voeg olie en water by. Meng met houtlepel by dro? bestanddele.
- Roer nog ’n koppie meel by voor jy deeg op meelbestrooide oppervlak begin knie. Knie vir ongeveer 5 minute, terwyl jy soos nodig die ander twee koppies meel byvoeg. Die deeg moet sag wees. Dit is moontlik dat die laaste koppie meel nie nodig gaan wees nie.
- Strooi meel in bak, plaas deeg daarin en maak dit toe. Laat in warm plek vir 1 uur om te rys.
- Knie deeg af met meelbestrooide hande. Knyp dan gholfbalgrootte deegballetjies tussen jou duim en voorvinger af. Plaas op gesmeerde bakplaat.
- Klits eier en smeer oor balletjies. Sprinkel met sesamsaad as verkies.
- Laat eenkant om vir halfuur te rys voordat dit vir 18-20 minute bak. Laat vir paar minute afkoel voor dit op draadrak verder afkoel.
WENK Met die hoenderburgers se broodjies het ek met een derde van die deeg gespeel. Rol dit in ’n groot reghoek uit, ongeveer 1 cm dik. Smeer twee teelepels (10 ml) tamatiepasta eweredig oor die deeg. Rol dit in die lengte op. Sny skyfies van amper 2 cm breed en plaas op ’n bakplaat. Bak dieselfde as die ander broodrolletjies.