Wie sou ooit gedink het aan ’n bunny chow met boerewors? Probeer die lekker resep!
4 porsies
Bestanddele
4 groot broodrolletjies met ’n harde kors
olie
1 ui, gekap
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
5 ml (1 t) gedroogde gemengde kruie
600 g boerewors
16 klein tamaties, gehalveer
4 eiers, geklits
sout en peper
LEES OOK: Kurt Darren se bunnychow
Metode
Stel oond op 160 ˚C.
- Sny 3 cm van broodrolletjies se bopunte af. Hol rolletjies met jou vingers uit. Plaas broodkrummels op bakplaat en laat vir 15 minute effe uitdroog.
- Verhit olie en soteer ui, knoffel en gemengde kruie tot gaar. Hou eenkant.
- Sny boerewors in 4 cm-stukke en braai tot gaar. Voeg tamaties by en braai liggies.
- Skep uie terug by boerewors en voeg geklitste eiers by. Roer mengsel liggies. Verwyder van hitte sodra eier gestol is.
- Roer uitgedroogde broodkrummels by boereworsmengsel. Geur na smaak met sout en peper.
- Skep mengsel in holtes van broodrolletjies en sit dadelik voor.