Vier die laaste warm somerdae met hierdie heerlike gebakte bruintjie-roomyskoek
Deur MARELI VISSER
1 koek
Bestanddele
125 ml gesmelte botter
830 ml (31/3 k) suiker
250 ml (1 k) kakao
30 ml (2 e) vanielje
15 ml (1 e) water
5 groot eiers
2,5 ml sout
330 ml (11/3 k) koekmeel
5 ml (1 t) bakpoeier
30 ml (2 e) kitskoffie
30 ml (2 e) kookwater
3,6 ℓ vanieljeroomys
1 plak (80 g) bruinsjokolade
30 ml (2 e) room
Metode
Verhit oond tot 160°C en berei 25 cm-koekpan voor deur dit met foelie uit te voer. Spuit dit met kleefwerende sproei.
- Meng botter, suiker en kakao.
- Voeg vanielje en water by.
- Klits eiers een op ’n slag by.
- Sif sout, koekmeel en bakpoeier by en vou in.
- Skep in koekpan en bak vir 40 minute tot gaar.
- Laat afkoel en trek foelie van koek af. Sit terug in koekpan en bere in vrieskas.
- Meng kitskoffie en kookwater en laat effens afkoel. Meng koffie goed by 1,8 ℓ roomys.
- Skep koffieroomys op koeklaag en laat vir drie uur in vrieskas stol.
- Roer tweede houer roomys effens, smeer dit op koffieroomyslaag en sit in vrieskas vir ses uur.
- Kerf sjokolade en meng met room. Smelt in mikrogolf.
- Haal bevrore koek uit pan, bedruip met sjokoladeganache en bedien dadelik.