Die winter steek sy kop uit. Hou almal se magies warm met hierdie vinnige broccoli-en-spek-roomsop
4 porsies
Bestanddele
300 g broccoli
1 ui, gekap
5 ml (1 t) fyn knoffel
30 ml (2 e) botter
30 ml (2 e) koekmeel
500 ml (2 k) groente-aftreksel
500 ml (2 k) melk
250 ml (1 k) room
200g (1 pakkie) spek, in stukkies, bros gebraai broodstokkies
Metode
- Maak broccoli in mikrogolf gaar.
- Braai ui en knoffel in bietjie olie tot sag. Smelt botter in dieselfde pan.
- Gooi koekmeel by en roer goed. Gooi aftreksel stadig by en roer aanhoudend sodat dit nie klonte vorm nie.
- Gooi melk, room en broccoli by. Laat kook tot verdik.
- Verpulp in voedselverwerker tot glad.
- Bedien in warm sopbakkies met stukkies spek en brood.