Deur MARLO KITSHOFF-CARSTENS
Foto’s ANDREA CALDWELL
4 porsies
2 50 g (½ pak) gekrulde pastapype (curved pasta shells pipe)
10 ml (2 t) olie
5 ml (1 t) sout klont botter
2 preie, in skyfies gesny
2,5 ml (½ t) droë gemengde kruie
2 50 g (1 pakkie) spek, in blokkies gesny
80 ml (1/3 k) koekmeel
500 ml (2 k) volroommelk
2,5 ml (½ t) sout knypie rooipeper
250 ml (1 k) hoenderaftreksel
1 50 g (1 blokkie) bloukaas, gekrummel
1 kop vars broccoli, in klein blommetjies gebreek
BOLAAG
125 ml (½ k) cheddarkaas, gerasper
125 ml (½ k) droë broodkrummels
45 ml (3 e) fyn parmesaankaas
Stel oond op 180 °C.
- Verhit water tot kookpunt. Voeg olie, sout en pasta by.
- Kook pasta tot al dente, dreineer en spoel af. Roer bietjie olie deur sodat pasta nie aan mekaar kleef nie.
- Smelt botter en soteer preie en kruie tot preie sag is. Skep preie uit.
- Braai spek in pan saam met olie indien nodig tot gaar.
- Roer koekmeel deur tot spek bedek is. Voeg melk stadig by terwyl jy roer.
- Voeg sout, rooipeper en hoenderaftreksel by. Kook oor lae hitte tot sous verdik. Verwyder van hitte.
- Skep preie, pasta, kaas en broccoli by sous. Roer deur en skep in oondbak van ongeveer 24 cm x 34 cm.
- Bolaag Meng cheddar, droë broodkrummels en parmesaan. 9 Sprinkel bo-oor pasta. Bak vir 30 minute tot goudbruin. Sit warm voor.