Hierdie broccoli-en-parmesaan-gebak is die ideale bygereg!
4 porsies
Bestanddele
1 kop broccoli
1 kop blomkool
sout en peper
80 ml (1/3 k) parmesaankaas, gerasper
375 ml (1½ k) witsous, medium dikte
80 ml (1/3 k) broodkrummels
Metode
- Breek broccoli en blomkool in kleiner blommetjies en kook in soutwater tot net gaar.
- Dreineer en spoel onder koue water af.
- Plaas broccoli en blomkool in oondskottel en geur met sout en peper.
- Sprinkel helfte van kaas bo-oor.
- Giet witsous oor. Sprinkel laaste van kaas en broodkrummels bo-oor.
- Plaas oondskottel onder warm roosterelement (grill), tot kaas gesmelt en krummels effe bruiner is.