Hou jouself warm hierdie heerlike broccoli-en-kaas-sop!
4–6 porsies
Bestandele
100 g botter
1 ui, gekap
2 wortels, in blokkies gesny
1 groot kop broccoli, in
stukkies gebreek
60 ml (¼ k) koekmeel
500 ml (2 k) hoenderaftreksel
500 ml (2 k) melk
5 ml (1 t) knoffelsout
1 vars tiemietakkie
2 50 ml (1 k) gerasperde
cheddarkaas
Probeer ook hierdie Romerige blomkoolsop
Metode
- Smelt botter en soteer ui daarin tot sag.
- Voeg groente by en soteer verder.
- Voeg koekmeel by en roer tot alles geabsorbeer is.
- Meng aftreksel en melk en roer bietjie van die vloeistof by groente.
- Hou só aan tot vloeistof op is en daar geen klonte is nie.
- Bring tot kookpunt en geur met knoffelsout en tiemie.
- Haal van hitte af en roer kaas deur.
- Skep in sopbakkies en sprinkle ekstra kaas oor.
- Sit met broodstokkies voor.
Wenk
Vir ’n sterker kaasgeur, gebruik parmesa