Matthew Gordon van Harvest at Laborie se Branderige lamsfrikadelle met Romescosous
1 kg lamsmaalvleis
1 bossie vars koljander, fyngekap
4 e harissa-sous
1 rooi ui, baie fyn gekap
4 knoffelhuisies, baie fyn gekap
2 t vars kruisement, gekap
1 vars rooi brandrissie, ontpit en gekap
1 koppie broodkrummels
2 eiers
Bestanddele vir die Romescosous
2 groot, ryp rooipepers
4 knoffelhuisies, gekap
100 g amandels
100 ml ekstra suiwer olyfolie
2 t rooiwyn-asyn
3 snye dagoud-witbrood of -ciabatta
1,5 t gerookte paprika
sout en peper na smaak
Rooster die rooipepers in ’n oondpan teen 220 grade Celsius vir ongeveer 15 minute, terwyl jy dit gereeld omdraai om eweredig te rooster. Haal uit as die vel aan albei kante kreukel. Sit in ’n vlekvryestaalbak en bedek met Glad Wrap. Wanneer dit afgekoel het, verwyder die skille en saadjies.
Rooster die amandels in ’n pan of oond tot die velle maklik afdop. Braai die knoffel vir ’n paar minute en voeg dan die brood by (breek in stukke om makliker te braai). Rooster die brood in die olie en knoffel tot al die olie opgesuig is en die roosterbrood lekker krakerig is. Meng al die bestanddele in voedselverwerker en meng tot glad.
Metode vir die frikadelle
Meng al die bestanddele, en as dit vir tapas is, rol bolletjies van ongeveer 20 gram elk. As dit vir ’n hoofmaal is, maak die bolletjies so 40-50 gram elk. Braai die frikadelle in olie in ’n warm pan tot goudbruin. Klein bolletjies sal in die pan gaar word, maar groter bolletjies kan vir 10 minute in die oond gebak word. Bedien saam met die sous vir tapas en met jou gunsteling-bykos vir ’n maal.