Dik snye vars gebakte brood saam met regte botter is altyd ‘n wenner. Bak hierdie heerlike, maklike brood wat plaasvars proe
Bestanddele
700 g gekoopte brooddeeg
Vulsel
30 ml (2 e) pesto
30 ml (2 e) sagte botter
bietjie olie
1 ui, gekap
5 ml (1 t) vars gekapte knoffel
125 g (½ pakkie) spek, gekap
12 calamata-olywe, ontpit en fyngekap
swartpeper na smaak
250 ml (1 k) cheddarkaas, gerasper
Bolaag
15 ml (1 e) olie
bietjie growwe sout
LEES OOK: Biltongbrood
Metode
Stel oond op 180 °C.
- Hou deeg in yskas tot benodig.
- Vulsel Meng pesto en botter. Hou eenkant.
- Verhit olie en soteer ui en knoffel tot sag. Voeg spek by en braai tot gaar. Verwyder van hitte. Roer olywe en swartpeper by.
- Rol deeg op meelbestrooide werksoppervlak uit. Vorm reghoek van ongeveer 25 cm x 15 cm. Die deeg moet ongeveer 6 mm dik wees.
- Smeer botter-en-pesto-mengsel oor deeg.
- Skep spekmengsel op deeg en sprei uit.
- Sprinkel kaas oor en rol soos rolkoek op.
- Plaas opgerolde brood op bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is en met kossproei gespuit is.
- Bolaag Verf brood se bokant met olie en sprinkel bietjie sout oor.
- Maak snye in bokant van brood.
- Bak vir 30 minute of tot goudbruin bo-op.
Wenk
Jy kan ook ’n blik gedreineerde pitmielies by vulsel voeg