Braai en buitelug is sinoniem met mekaar. Maak hierdie lekker spesery mielies
6 porsies
Metode
1 l (4 k) water
5 ml (1 t) sout
6 heel mielies
klont botter
BRANDRISSIESPESERYE
1 ml knoffelsout
knypie rooipeper
5 ml (1 t) droë gemengde kruie
2,5 ml (½ t) brandrissie en knoffel van Robertsons
Metode
- Verhit water en sout in groot genoeg kastrol tot kookpunt.
- Plaas mielies met blare in kookwater. Kook vir 20 minute tot amper gaar.
- Haal mielies uit. Trek blare van mielies na agter en knoop met tou vas.
- Braai mielies bietjie op rooster en smeer botter bo-oor mielies sodra dit van rooster kom.
- Brandrissiespeserye Meng alles saam en sprinkel bo-oor warm mielies.
- Sit dadelik voor.