Haal die hout uit vir die vakansiedag en vier Nasionale Braaidag met hierdie liplekker vleisresepte
• 4 porsies
BESTANDDELE
8 varktjops
sout na smaak
peper na smaak
SOUS
60 ml (4 e) worcestersous
60 ml (4 e) sojasous
125 ml (½ k) soetrissiesous
15 ml (1 e) strooisuiker
2,5 ml (½ t) droë knoffelvlokkies
2,5 ml (½ t) droë pietersielie
BESTANDDELE
8 varktjops
sout na smaak
peper na smaak
SOUS
60 ml (4 e) worcestersous
60 ml (4 e) sojasous
125 ml (½ k) soetrissiesous
15 ml (1 e) strooisuiker
2,5 ml (½ t) droë knoffelvlokkies
2,5 ml (½ t) droë pietersielie
METODE
1 Geur varktjops met sout en peper.
2 Sous Meng bestanddele vir sous.
3 Gooi sous bo-oor varktjops, bedek met deksel of kleefplastiek en plaas oornag in yskas.
4 Braai varktjops aan albei kante tot gaar. Verf van tyd tot tyd van sous oor.
WENK Varktjops kan ook in ‘n oondkasserol geplaas word en saam met sous en gebak word vir 40 minute of tot goed gaar.