Braai en buitelug is sinoniem met mekaar
• 6 porsies
BESTANDDELE
12 groot murgpampoentjies
sout en peper
250 g (1 pakkie) streepspek
200 g blok mozzarellakaas
foelie om toe te draai
METODE
1 Sny V-vorm oor lengte van murgpampoentjies aan bokant.
2 Sprinkel sout en peper oor murgpampoentjies.
3 Plaas strokie spek in elke holte van murgpampoentjie.
5 Sny mozzarellakaas in stroke en plaas in holte bo-op spek.
6 Vou murgpampoentjies apart in foelie toe en plaas op kole vir ongeveer 20 minute.