Braai en buitelug is sinoniem met mekaar. Maak hierdie groot roosterkoek op die vuur
6 porsies
Bestanddele
600 g gekoopte brooddeeg
bietjie koekmeel
60 ml (4 e) blatjang
1 groot tamatie, in dun skyfies gesny
2 uie, in dun skyfies gesny
droë basiliekruid na smaak
sout en peper
500 ml (2 k) mozzarellakaas
LEES OOK: Mieliebrood
Metode
- Spuit rooster met kossproei of smeer goed met botter. Ek het rooster gebruik wat vier braaibroodjies kan vat.
- Rol brooddeeg ongeveer 3mm dik op meelbestrooide oppervlak uit.
- Deel brooddeeg in twee dele vir elke kant van die rooster.
- Plaas een deel in een helfte van rooster.
- Smeer blatjang oor brooddeeg. Pak lagie tamatie en uie op een kant.
- Sprinkel basiliekruid, sout en peper en mozzarellakaas bo-oor.
- Plaas oorblywende uitgerolde brooddeeg bo-op.
- Maak rooster toe en braai tot roosterkoek ligbruin aan albei kante is.