Haal die hout uit vir die vakansiedag en vier Nasionale Braaidag met hierdie liplekker vleisresepte
• 6 porsies
BESTANDDELE
12 hoenderboudjies
500 ml (2 k) mangosap
187 ml (¾ k) blatjang
410 g (1 blik) gekapte tamaties
15 ml (1 e) olie
10 ml (2 t) worcestersous
15 ml (1 e) gouestroop
15 ml (1 e) tamatiesous
2,5 ml (½ t) fyn komyn
hand vol vars koljanderblare, gekap
BESTANDDELE
12 hoenderboudjies
500 ml (2 k) mangosap
187 ml (¾ k) blatjang
410 g (1 blik) gekapte tamaties
15 ml (1 e) olie
10 ml (2 t) worcestersous
15 ml (1 e) gouestroop
15 ml (1 e) tamatiesous
2,5 ml (½ t) fyn komyn
hand vol vars koljanderblare, gekap
METODE
1 Plaas hoenderboudjies in geskikte bak.
2 Meng bestanddele vir marinade en gooi bo-oor.
3 Laat lê hoender vir 3 uur of selfs oornag in marinade.
4 Braai hoenderboudjies tot gaar. Verf sous bo-oor soos wat jy braai vir heerlike geur.
